Paarl

Paarl
Uitsig oor die Paarl
Uitsig oor die Paarl
Paarl is in Wes-Kaap
Paarl
Paarl
 Paarl se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°43′27″S 18°57′21″O / 33.72417°S 18.95583°O / -33.72417; 18.95583
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikKaapse Wynland
MunisipaliteitDrakenstein
Stigting1687
Oppervlak
 • Totaal64,61 km2 (24,95 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal112 045
 • Digtheid1 734/km2 (4 490/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense17,9%
 • Indiërs/Asiërs0,6%
 • Bruin mense69,9%
 • Swart mense10,4%
 • Ander1,3%
Taal (2011)
 • Afrikaans 86,8%
 • Engels 6,2%
 • Xhosa 4,6%
 • Ander 2,4%
Poskode (strate)
7646
Skakelkode021

Die Paarl is naas Kaapstad en Stellenbosch een van die drie oudste Europese nedersettings in Suid-Afrika. Die dorp het 112 000 inwoners in 2011 gehad[1] en lê in die provinsie Wes-Kaap, sowat 60 kilometer noordoos van Kaapstad, aan die oewers van die Bergrivier en 132 meter bo seevlak. Paarl is die grootste dorp in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit en is bekend vir sy roemryke geskiedenis en pragtige natuurskoon.

Die toring van die Toringkerk, NG gemeente Noorder-Paarl, is een van die hoogste in die land.

Die Paarl lê in die Kaapse winterreënstreek en sowat 80% van die jaarlikse reënval (700 millimeter) word gedurende die wintermaande aangeteken. Die Paarlberg beskik oor 'n geologiese besonderheid. Die reusagtige granietrots word deur drie geronde dagsome gevorm – dit is die grootste granietdagsoom ter wêreld en een van die min berge in Suid-Afrika wat tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Dit is ook die tweede grootste dagsoom naas die sedimentêre Uluru, voorheen bekend as Ayers Rock, in Australië.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Paarl". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne