Justinianus I van Bisantium

Justinianus I
Keiser van die Bisantynse Ryk
Detail van ’n moderne portret in die Basilika van San Vitale, Ravenna.
Detail van ’n moderne portret in die Basilika van San Vitale, Ravenna.
Bewind 1 Augustus 52713/14 November 565
Volle naam Flavius Petrus Sabbatius Iustinianus Augustus
Dinastie Justiniaanse
Gebore Omstreeks 482
Oorlede 14 November 565
Voorganger Justinus I
Opvolger Justinus II
Eggenote Theodora
Vader Sabbatius
Moeder Vigilantia
Sint Justinianus die Grote

'n Engel wys vir Justinian 'n model van die Aya Sophia, illustrasie deur Herbert Cole (1912)
Keiser
Vereer in Oosters-Ortodokse Kerk
Rooms-Katolieke Kerk
Lutheranisme
Oosters-Katolieke Kerk
Pelgrimsoord Kerk van die Heilige Apostels, Konstantinopel
hedendaagse Istanboel, Turkye
Feesdag 14 November
Attribute Keiserlike gewaad

Justinianus I (Latyn: Petrus Sabbatius Iustinianus Augustus, Grieks: Φλάβιος Πέτρος Σαββάτιος Ἰουστινιανός; omstreeks 482 – 14 November 565), algemeen bekend as Justinianus die Grote, was die Bisantynse keiser van 527 tot met sy dood in 565. Tydens sy bewind het hy probeer om die Oos-Romeinse Ryk se glorie te herstel en die verlore westelike helfte van die klassieke Romeinse Ryk te herower.

Hy was een van die belangrikste figure van die Laat Oudheid en die laaste Romeinse keiser wie se eerste taal Latyn was.[1] Sy bewind het ’n onderskeid gebring in die geskiedenis van die Oos-Romeinse Ryk. Sy administrasie het ’n uitwerking gehad ver buite sy tyd en grense, en is gekenmerk deur die ambisie om "die ryk te herstel".[2]

’n Vernietigende builepes-epidemie in die vroeë 540's het die einde van ’n tydperk van grootsheid ingelui. Die ryk het ’n agteruitgang beleef wat eers in die 9de eeu omgekeer is.

Procopius is die primêre bron oor die bewind van Justinianus en latere gebeure is geboekstaaf deur Johannes van Efese. Albei historici het verbitter geraak teenoor Justinianus en sy vrou, Theodora.

Justinianus word onder Ortodokse Christene as ’n heilige beskou. Sy feesdag is 14 November (of soms 27 November volgens die Gregoriaanse kalender).

  1. The Inheritance of Rome, Chris Wickham, Penguin Books Ltd. 2009, ISBN 978-0-670-02098-0 (bl. 90)
  2. J.F. Haldon, Byzantium in the seventh century (Cambridge, 2003), 17–19

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne