Kizji

Kizji
Inheemse naam: Кижи
Die twee hoofkerke op Kizji.
Die twee hoofkerke op Kizji.
Geografie

Ligging Rusland, Onegameer
Koördinate 62°04′N 35°14′O / 62.067°N 35.233°O / 62.067; 35.233

Oppervlakte 5 vk km

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Republiek Karelië

Kizji (Russies: Кижи) is ’n eiland in die Onegameer in die Republiek van Karelië in Rusland met ’n versameling houtgeboue. Dit is een van die gewildste toeriste-attraksies in Rusland en bevat die Kizji-pogost, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Die hele eiland is ’n museum van groot historiese belang met allerhande geboue soos kapelle, windmeulens, boothuise, saunas, huise en skure van hout. ’n Paar plaaslike boere en personeellede van die museum woon op die eiland.

Kizji is sowat 7 km lank en 0,5 km breed. Dit word omring deur 5 000 ander eilande, die meeste baie klein, en kan bereik word met ’n skeerboot van Petrozawodsk, passasiersboot of helikopter. Daar is geen oornaggeriewe nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne