Krugerwildtuin

Nasionale Krugerwildtuin
Landskap in die Nasionale Krugerwildtuin
Landskap in die Nasionale Krugerwildtuin
Land Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga en Limpopo
Naaste dorp Nelspruit en Phalaborwa
Koördinate: 24°0′41″S 31°29′7″O / 24.01139°S 31.48528°O / -24.01139; 31.48528
Oppervlak 1 962 300 ha (19 623 km2)
Openingsjaar 1926
Besoekerstal 1 659 793 (1 277 397 dag, 382 396 oornag)
Besoekersjaartal 2014/15 Fin.jr.
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Nasionale Krugerwildtuin
'n Sebra steek 'n pad oor in die Krugerwildtuin

Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika, en 'n trekpleister vir internasionale en plaaslike toeriste. Die park strek ongeveer 360 kilometer van noord na suid en gemiddeld 65 kilometer van oos na wes. Die park grens in die ooste aan Mosambiek en in die noorde aan Zimbabwe. Die park strek oor die Laeveld van twee Suid-Afrikaanse provinsies, Mpumalanga en Limpopo.

Die Krugerwildtuin maak nou deel uit van die Groter Limpopo Oorgrenspark, 'n vredespark wat die Krugerwildtuin kombineer met twee nasionale parke in sy buurlande: die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe, en die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek.

Meer as 'n miljoen toeriste besoek die Krugerwildtuin elke jaar. Die park bevat ongeveer 2 000 plant-, 507 voël-, 147 soogdier-, 114 reptiel-, en 49 visspesies. Die sogenaamde Groot Vyf soogdiere kan in die park gesien word, naamlik die leeu, olifant, renoster, buffel, en luiperd.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne