Menelaos

Menelaos
Koning van Sparta
’n Marmerborsbeeld van Menelaos.
’n Marmerborsbeeld van Menelaos.
Voorganger Tindareos
Vrou Helena
Kinders Hermione
Nikostratos
Megapentes
Aithiolas
Marafios
Pleistenes
Vader Atreus
Moeder Aërope

Menelaos (Grieks: Μενέλαος) was in die Griekse mitologie die koning van Sparta, die man van Helena van Troje en die seun van Atreus en Aërope. Volgens die Ilias was Menelaos ’n sentrale figuur in die Trojaanse Oorlog – hy het ’n Spartaanse afdeling aangevoer van die Griekse leër, wat onder leiding was van sy ouer broer Agamemnon, koning van Micene. Hy is prominent in die Ilias én Odussee, sowel as op geverfde Griekse vase – eerder as ’n held van die Trojaanse oorlog as lid van die gedoemde Huis van Atreus.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne