Thebe, Egipte

Thebe
Die Luxor-tempel.
Die Luxor-tempel.
Koördinate 25°43′14″N 32°36′37″O / 25.72056°N 32.61028°O / 25.72056; 32.61028
Plaaslike naam  Waset, Θῆβαι
Land Egipte (Luxor)
Soort Nedersetting
Geskiedenis
Gestig 3200 v.C.
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 87
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Ancient Thebes with its Necropolis
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Thebe (Grieks: Θῆβαι, Thēbai) is die Griekse naam van die stad in Antieke Egipte wat plaaslik bekend is as Waset. Dit is sowat 800 km suid van die Middellandse See, aan die oosoewer van die Nylrivier, geleë en val binne die grense van die moderne stad Luxor. Die Thebaanse Dodeakker lê daarnaby, aan die wesoewer van die Nyl.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne