Maand

Die maand April word op 'n kalender uitgebeeld.
’n Animasie van die Maan soos dit deur sy fases beweeg, soos in 2007 gesien. Dit gebeur binne omtrent 29,5 dae en dis waar die woord maand vandaan kom

'n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om 'n siklus van fases te voltooi. Die kalender- of burgerlike maand het vir praktiese redes 'n heelgetal aantal dae. Daarom kan die maande nie almal eweveel dae hê nie.

Met die Gregoriaanse kalender, en ander kalendersisteme wat op die sonjaar gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat daar 12 maande in een jaar pas. Met sisteme wat op die maan gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat dit sover moontlik met die sinodiese maand ooreenkom.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne