Maansonkalender

'n Maansonkalender of lunisolêre kalender is 'n kalender in baie kulture waarop die datum beide die maanfase en die tyd van die sonjaar aandui. As die sonjaar ’n tropiese jaar is, sal ’n maansonkalender ’n aanduiding gee van die seisoen; as dit ’n sideriese jaar is, sal die kalender die sterrebeeld voorspel waarnaby die volmaan sal voorkom.

Soos met alle kalenders wat die jaar in maande verdeel, is daar ’n bykomende vereiste dat die jaar uit ’n heelgetal maande bestaan. In hierdie geval bestaan gewone jare uit 12 maande, maar elke tweede of derde jaar is ’n embolistiese jaar, of skrikkeljaar, wat ’n 13de maand (’n embolisme of skrikkelmaand) bevat.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne