Moab

Koninkryk Moab
13de eeu v.C. – 400 v.C.
Ligging of Moab
Ligging of Moab
’n Teoretiese kaart van die streek omstreeks 830 v.C. Moab is in pers, tussen die Arnon- en die Zeredrivier.
Hoofstad Dibon
Taal/Tale Moabities
Regering Monargie
Geskiedenis
 - Gevestig 13de eeu v.C.
 - Ontbind 400 v.C.
Die Moabbergreeks soos gesien vanaf die Jordaanvallei.

Moab (Arabies: مؤاب, Hebreeus: מוֹאָב, Grieks: Μωάβ) is die historiese naam van ’n bergagtige streek in die hedendaagse Jordanië. Die gebied lê aan ’n groot deel van die oostelike oewer van die Dooie See. Daar is baie argeologiese bewyse vir die bestaan van die Koninkryk Moab, waarvan die merkwaardigste die Mesa-stele is wat vertel van die Moabitiese oorwinning oor ’n seun van koning Omri van Israel. Die hoofstad was Dibon. Volgens die Bybel het Moab dikwels gebots met sy Israelitiese bure in die weste.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne