Japan

Japan
日本国 (Japannees)
Vlag van Japan Keiserlike Seël van Japan
Vlag Keiserlike Seël
Volkslied: Kimi ga Yo (君が代?)
Ligging van Japan
Hoofstad Tokio

35°41′N 139°46′O / 35.683°N 139.767°O / 35.683; 139.767

Grootste stad Tokioa
Amptelike tale Geen op federale vlak nie[1]
Japannees (de facto)
Regering

Keiser
Eerste minister
• Adjunkpremier
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Naruhito
Fumio Kishida
Shunichi Suzuki
Onafhanklikheid
Vorming
• Nasionale Stigtingsdag
• Meiji-grondwet
• Huidige grondwet
• San Francisco-verdrag


11 Februarie 660 v.C.b
29 November 1890
3 Mei 1947
28 April 1952
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
377 975[2] km2  (62ste)
145 937 myl2
1,4 (2015)[3]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2020-sensus
 - Digtheid
 
125 416 877[4] (11de)
126 226 568[5]
330 / km2 (44ste)
854,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$6 711 miljard[6] (4de)
$54 103[6] (34ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$4 286 miljard[6] (4de)
$34 555[6] (30ste)

MOI (2021) 0,925[7] (19de)  –  baie hoog
Gini (2013) 32,9[8](76ste) –  medium
Geldeenheid Internasionale Simbool
¥ Uitgespreek (Jen)
Japannese Simbool
Uitgespreek (En) (JPY)
Tydsone
 - Somertyd
JST (UTC+9)
nie toegepas nie (UTC+9)
Internet-TLD .jp
Skakelkode +81
a. Jokohama is die grootste ingelyfde stad.
b. Volgens legende is Japan op die dag gestig deur Keiser Jimmu, eerste keiser van Japan; dit word as hoofsaaklik simbolies beskou.

Japan (Japannees: 日本, Nippon, [ɲip̚poɴ], , of Nihon, [ɲihoɴ], ; amptelik: 日本国, Nippon-koku of Nihon-koku, , letterlik: "Staat Japan") is 'n eilandstaat in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland, China en Rusland, en strek van die See van Ochotsk in die noordooste tot by die Oos-Chinese See in die suidweste. Die karakters waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorsprong" wat aanleiding gee tot die naam "land van die opkomende son", en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland.

Japan bestaan uit meer as 3 000 eilande;[9] die grootstes daarvan, van suid na noord is Kioesjoe, Sjikokoe, Honsjoe, die grootste eiland, en Hokkaido wat saam 97% van die land se grondoppervlak beslaan. Die meeste van die eilande is bergagtig en baie vulkanies. Japan se hoogste bergpiek, berg Foedji, is byvoorbeeld 'n vulkaan. Japan het met ongeveer 125 miljoen inwoners die wêreld se elfde grootste bevolking. Die Groter-Tokiogebied, wat die hoofstad Tokio en verskeie omliggende prefekture insluit, is die grootste metropolitaanse gebied ter wêreld met meer as 30 miljoen inwoners.

Argeologiese navorsing dui daarop dat die eilande van Japan reeds in die Jong-paleolitikumtydperk deur mense bewoon is. Die eerste geskrewe verwysing na Japan begin met vlugtige verwysings in Chinese geskiedkundige tekste van ongeveer die eerste eeu n.C. Invloede van buite gevolg deur lang tydperke van isolasie, is kenmerkend van Japan se geskiedenis. Sedert die aanvaarding van sy grondwet in 1947 handhaaf Japan 'n unitêre grondwetlike monargie met 'n keiser en 'n verkose parlement, die Kokkai.

Japan is 'n reuse ekonomiese moondheid[10] en was met die eerste kwartaal van 2010 nog die wêreld se tweede grootste ekonomie, volgens nominale bruto binnelandse produk, totdat dit deur China ingehaal is.[11][12] Japan is 'n lid van die Verenigde Nasies, G8, G4 en ESASOG, met die wêreld se vyfde grootste verdedigingsbegroting. Dit is ook die vierde grootste uitvoerder ter wêreld en die vierde grootste invoerder asook 'n wêreldleier in tegnologie en masjinerie.

  1. (ja) "法制執務コラム集「法律と国語・日本語」". Legislative Bureau of the House of Councillors. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 18 Mei 2018.
  2. (ja) "令和元年全国都道府県市区町村別面積調(10月1日時点)". Geospatiale Inligtingsowerheid van Japan. 26 Desember 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020.
  3. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 4 Oktober 2021.
  4. (en) "Japanese population falls in all 47 prefectures for first time". The Japan Times. 26 Julie 2023. Besoek op 10 Maart 2024.
  5. (en) "2020 Population Census Preliminary Tabulation". Japannese Statistiekkantoor. 26 Junie 2021. Besoek op 10 Maart 2024.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Japan". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 10 Maart 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 10 Maart 2024.
  8. (en) "Gini Index – Japan". Wêreldbank. Besoek op 10 Maart 2024.
  9. (ja) "Nihon Rettō". Daijirin / Yahoo Japan dictionary. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2009. Besoek op 7 Mei 2007.
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named cia
  11. (af) http://qa.www.sake24.com/Markte/JSE-bestendig-toe-China-Japan-verbysteek-20100817[dooie skakel]
  12. (en) http://www.businessweek.com/news/2010-08-16/china-gdp-surpasses-japan-capping-three-decade-rise.html

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne