Adjunkpresident van Suid-Afrika


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die Adjunkpresident van Suid-Afrika tree op as die waarnemende President van Suid-Afrika wanneer die President buite die landsgrense is, nie in staat is om die amp se pligte te onderneem nie, of wanneer die pos van President vakant is. Die Adjunkpresident is ook 'n lid van die Nasionale Vergadering en die Kabinet. Die Adjunkpresident word grondwetlik vereis om die President te ondersteun in die uitvoer van die regering se funksies en kan deur presidensiële proklamasie enige regeringsportefeulje toegeken word. Die adjunkpresident se ampswonings sluit in die Oliver Tambo-huis in Pretoria, Highstead in Kaapstad en die Dr John L Dube-huis in Durban.

Die Uniegebou in Pretoria is die setel van die Suid-Afrikaanse Presidensie.

Die huidige Adjunkpresident van Suid-Afrika is Paul Mashatile, benoem deur die huidige President van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa.[1]

  1. (en) Kailene Pillay (6 Maart 2023). "Paul Mashatile is South Africa's new deputy president". IOL. Besoek op 12 Maart 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne